Ons Liefdesverhaal
-
27 Julie 2015
Die Begin
Ons het op WhatsApp begin gesels, te danke aan Pierre se jongste sussie Monique, wat ons bymekaar gebring het. Pierre wou hoor of Melina saam met hom see toe sal ry, sodat hy nie so eensaam is nie. Pierre het Monique-hulle by die see ontmoet. Melina het nie ja gesê vir die storie nie, dit was te vreemd vir haar gewees. Pierre los toe die groep. Kort daarna stuur Melina vir Pierre 'n WhatsApp:
"En toe los jy sommer die group?!"
... dinge het hier begin. -
07 Augustus 2015
Eerste Ontmoeting
Ons het besluit, die Vrydag is 'n goeie tyd om mekaar "face-to-face" te ontmoet. Pierre het vir Melina gaan optel by haar huis en sommer op die eerste aand haar ouers ontmoet. Daar was nie regtig 'n beplande agenda vir die aand nie, maar het toe by Menlyn mall opgeëindig en 'n koffie gedrink by Mugg & Bean en toe daarna na Cool Runnings toe gegaan. Het na dit Kingsman (2014) by Pierre se huis gaan kyk. Melina is om 03h20 die volgende môre terug by haar huis.
Dit was 'n goeie "First Date" (nog nie eers gesoen nie 😬). -
20 Augustus 2015
Ons is Saam
Ons het net as twee enkellopendes saam met Melina se sussie Nadine by Royal Danish gaan roomys eet. Ons het roomys gekry en gaan sit op die banke en lekker gesels.
(Teen die tyd het Pierre al lankal vir Melina gevra om in 'n verhouding te wees en Melina het net gesê "Nee, ek is nog nie reg nie.")
Melina vertel vir Pierre 'n storie van haar ouma wat haar gevra het wie die nuwe outjie op haar "profile pic" is, toe sê Melina vir haar ouma "Dit is my boyfriend ouma".
Dit het Pierre 2 sekondes gevat om eers te besef wat Melina vir hom sê. ONS IS SAAM! -
20 Augustus 2021
Verlowing
Pierre en Melina was van plan om hulle huis aan te bou en mooi te maak en dan na dit te praat van trou. Pierre het vir Lizelle by Britehouse gewerk, sy het hom eendag gevra "Nou wanneer trou julle twee?". Hy het vir haar verduidelik dat hulle eers die huis wil mooi maak, toe sê sy vir hom "Nee, trou eers dan maak julle die huis later mooi". Pierre het daaroor gedink en het vir hom sin gemaak. Kort daarna was die ring ontwerp en 'n plan om haar te vra in plek. Pierre se sussie Judique het gehelp om die verlowing te reël met Pieter. Kyk gerus die video op Youtube 😃.